Drome kan waar word. Die Noordelike Helpmekaar-studiefonds help jongmense om studielenings teen ‘n uiters bekostigbare rentekoers te bekom. Top presteerders kry ook prestasietoekennings! Ontsluit jou toekomsdrome en doen vandag aansoek om ʼn lening.

Die Helpmekaar-beweging dateer so ver terug as die twintigerjare van die vorige eeu. Dit het in die ou Transvaal doodgeloop, maar is in 1962 weer op die been gebring. Die Noordelike Helpmekaar-studiefonds is ʼn voortsetting van die Transvaalse Helpmekaar-studiefonds.

Op 12 Junie 1962 is 12 leningsaansoeke deur die direksie van die fonds goedgekeur. Tot op datum het die fonds 2 050 studente finansieel gehelp. Studielenings word aan voornemende en bestaande studente in die vier noordelike provinsies beskikbaar gestel teen baie billike voorwaardes.

Die Noordelike Helpmekaar Studiefonds is ook by die Nasionale Kredietreguleerder geregistreer (sien sertifikaat hier onder) wat hulle in staat stel om as ‘n Kredietverskaffer op te tree.

Aansoeke sluit jaarliks op 31 Oktober.

Helpmekaar se taalbeleid kragtens die Nasionale Kredietwet – klik hier om te lees.

Language policy: click here.

Kyk na die NCR Sertifikaat